Gateway to the Little Karoo
Town of the year – Dorp van die jaar
Source – Kwela.co.za : Vergeet vir ’n oomblik van misdaad en korrupsie en die goed wat jou bloeddruk laat styg as jy die koerante oopslaan. Feit is, Suid-Afrika is ’n lékker plek om te bly. Sonskyn en braaivleis – winter en somer, die pragtigste natuurskoon en hel, man, mense wat ken van lag. En van kuier saam met familie en pêlle. Maar vra nou ’n slag oor ’n tjoppie op die rooster jou vrinne wáár in Suid-Afrika is die lekkerste plek om te woon of om heen weg te breek? Is dit ’n dorp op die wynroete van die Boland? Is dit êrens in die Bosveld waar jy met hadidas en die getjank van hiënas kan wakker word? Lê jou hart se punt aan die Weskus met sy hartlike mense, kreef en harders? Of wil jy die son sien ondergaan soos hy nét oor die Laeveld kan sak?
Verlede jaar het Kwêla met die Sondagkoerant Rapport saamgespan in ‘n reuse soektog na Suid-Afrika se Dorp van die Jaar, en julle – ons kykers en Rapport se lesers – het gereken dat Graaff-Reinet die plek is wat die kroon behoort te dra. Daar is verlede jaar in die finale stemming meer as ‘n 100 000 keer gesms. Is julle lus om ‘n nuwe rekord op te stel? Vanjaar maak ons weer so in Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar-kompetisie 2011.
Die nommer om te onthou is 33157 en elke sms, of dit nou uit Suid-Afrika of uit Namibië kom.
Jy kan vanjaar boonop ’n dorp in Suid-Afrika of Namibië nomineer.
Jy hoef nie op die dorp te bly om hom voor te stel nie en jy kan soveel sms’e stuur as wat jy wil en ook soveel dorpe nomineer as wat jy gunstelinge het. Onthou, die Dorp van die Jaar kompetisie is nie noodwending vir die skoonste dorp of die dorp met die beste munisipaliteit nie. Dit gaan wel oor watter dorp die mooiste, lekkerste en hartlikse plek in die land is. Solank dit vir jou ‘n mooi plek is, met lekker mense en jy dink dit verdien die titel van Kwêla en Rapport se Dorp van die Jaar. kan jy jou selfoon nader trek en nomineer.
Boonop kom jy in aanmerking vir lekker pryse as jy jou gunstelingdorp of dorpe se name na 33157 sms.
Elke sms kos R1.50.
Nadat die nominasie-proses afgehandel is, gaan Kwêla en Rapport by die streeksfinaliste kuier, sodat ons vir ons kykers en lesers alles van die dorpe kan vertel en dan kan julle ‘n ingeligte besluit maak oor watter dorp vanjaar die kroon moet dra.
2011 se wendorp gaan met ‘n miljoen rand se pryse in bemarkingswaarde van Rapport, én ‘n miljoen rand se pryse in bemarkingswaarde van kykNET wegstap en Leopard’s Leap borg 50 Wyn-Akademie kursusse vir inwoners van die dorp.
In totaal gee ons wynborg dus nog R70 000 ter bevordering van die dorpsmense.
Natuurlik sal ons vanjaar weer die wendorp gaan gelukwens met ‘n GROOT makietie waarop van ons voorste kunstenaars sal optree. Daar sal dan ook twee nuwe ingangsborde onthul word en die wendorp sal ‘n trofeë ontvang.
Die nominasies sluit op Dinsdag 22 Maart om 12:00. Kwêla en Rapport sal jou weekliks op hoogte hou en jy kan ook meer inligting op ons webwerwe kry.
| Print article | This entry was posted by Sam Fourie on July 19, 2011 at 12:04 pm, and is filed under News. Follow any responses to this post through RSS 2.0. Both comments and pings are currently closed. |
Comments are closed.